Meer oor Vroue-in-Aksie

Elke vroue-lidmaat is deel van die Midstream Familiekerk se Vroue-In-Aksie. Tydens byeenkomste hou ons n kort vergadering en daarna doen ons iets saam vir geestelike versterking of leer ons ‘n nuwe vaardigheid aan. Gewoonlik eindig elke byeenkoms in n lekker kuier. elkeen is welkom om n inset te lewer. By ons is daar nie ‘n regte of verkeerde manier van n ding doen nie. 

Dit is belangrik dat jy sal betrokke raak. Ons wil saam deel in mekaar se vreugdes en hartseer, ons wil mekaar ondersteun en help, saam lag en huil. Kom raak asseblief deel van die Vroue-In-Aksie.