Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

26 September 2021

5 Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil. 6 Moet niks byvoeg by wat Hy gesê het nie; Hy sal jou bestraf, en jy sal daar staan as ‘n leuenaar. 7 Net twee dinge vra ek van U; moet my dit tog nie weier nie; daarna kan ek sterf: 8 moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, 9 sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: “Wie is die Here?” nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie.

Spreuke 30:5-9

Lewer kommentaar